Kalsium-43 (chemiese notasie Ca) is 'n stabiele isotoop van kalsium.

KMR Kalsium-43 kan vir resonansie gebruik word, maar dit het kernspin I=7/2 en 'n kwadrupool. Die resonansie kan nogtans taamlik smal wees. Die chemiese verskuiwing is egter taamlik klein en omdat dit 'n seldsame isotoop is, moet dikwels verryking aangewend word, wat duur is. Dit word soms in relaksasiestudies van binding van kalsium-ione aan proteïene gebruik.Hebreeuse Universiteit van Jerusalem

Die aanwending in vastestof-KMR is nog in ontwikkeling, maar daar is kennis van die tensorelemente van die chemiese verskuiwing en kalsium se omringing is in 12 verbindings suksesvol gewys.Calcium-43 chemical shift and electric field gradient tensor interplay: a sensitive probe of structure, polymorphism, and hydration Physical Chemistry Chemical Physics 26, 2014

Verwysings

Kategorie:Isotope van kalsium