duimnael|Schengen-lidlande volgens datum duimnael|

Die Schengen-ooreenkoms is 'n ooreenkoms wat in 1985 in 'n klein Luxemburgse dorpie Schengen onderteken is en die geleidelike afskaffing van die grensbeheer tussen sommige lidlande van die Europese Unie beoog het. In 1990 is 'n Konvensie onderteken wat dit geïmplementeer het en in 1995 is die grensbeheer tussen sewe lidlande opgehef.

Dit het begin as 'n intergoewermentele ooreenkoms tussen dié lidlande (los van die EU) maar dit het later deel van die EU-wetgewing geword. Vandag beslaan Schengen al die lidstate van die EU behalwe vir Siprus en Ierland, maar Ysland, Noorweë, Switserland en Liechtenstein wat nie deel van die EU uitmaak nie, het nogtans by die Schengen-akkoord aangesluit. Amptelike webwerf van die Europese Kommissie

Gibraltar sou ook deel van die Schengensone word maar in 2023 word nog aan 'n nuwe ooreenkoms tussen die Verenigde Koninkryk, die EU en Spanje gewerk om tot 'n definitiewe status te kom. Kroasië het in 2023 toegetree. Roemenië en Bulgarye het in 2023 opnuut gevra om aan te sluit, maar Oostenryk het van sy veto gebruik gemaak. Nederland het ook Bulgarye geblokkeer maar sy besware teen Roemenië teruggetrek. Later het die Europese Parlement beide lande opgeroep om hulle besware te verskaf. Op 1 Januarie 2025 het beide Bulgarye en Roemenië lidlande van die Schengen-ooreenkoms geword.

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van die Europese Unie