Banteay Srei of Banteay Srey (Khmer: ប្រាសាទបន្ទាយស្រី) is ’n 10de-eeuse tempel uit die Khmer-ryk in Angkor, Kambodja. Dit is gewy aan die Hindoegod Shiva en is naby die heuwel Phnom Dei, 25 km noordoos van die hoofgroep tempels van die Middeleeuse stede Yasodharapura en Angkor Thom.Higham, The Civilization of Angkor, p.79.
Die terrein duimnael|140px|links|Banteay Srei is bekend vir die opgesmuktheid van sy graveerwerk, soos hierdie mitiese figuur.
Banteay Srei is grotendeels gebou van rooi sandsteen, ’n medium wat hom leen tot die ryklik versierde muurgraveerwerk wat vandag nog sigbaar is. Die geboue self is klein, wat ongewoon is in die lig van die groot konstruksies van Angkor. Dit is daarom ’n groot trekpleister onder toeriste en word algemeen beskryf as "die juweel van Khmer-kuns".Glaize, The Monuments of the Angkor Group p. 183.
Die terrein bestaan uit drie konsentriese, reghoekige ingeslote areas wat op ’n oos-wes-as gebou is. ’n Paadjie loop van ’n buitenste toringhek na die derde, buitenste insluiting. Die binneste insluiting bevat die heiligdom en twee geboue wat biblioteke genoem word.
Geskiedenis Die tempel is op 22 April 967 ingewyDate in stansa XLIV van die inskripsie en was die eerste tempel in Angkor wat nie deur ’n koning laat bou is nie. Die howelinge Vishnukumara en Yajnavaraha word as die bouers erken.Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., Laasgenoemde was die kleinseun van koning Harsavarman I, ’n geleerde en filantroop wat mense gehelp het wat gebuk gegaan het onder siektes, onregverdigheid of armoede.Higham, The Civilization of Angkor, p.80. Die tempel was hoofsaaklik gewy aan die Hindoegod Shiva. Dit lyk egter of die geboue suid van die sentrale oos-wes-as aan Shiva gewy was en dié noord van die as aan Vishnu.
Die tempel se moderne naam, Banteay Srei – vesting van die vroue of vesting van skoonheid – verwys moontlik na die opgesmuktheid van die basreliëfgraveerwerk aan die mure en die klein dimensies van die geboue self.Freeman en Jacques, Ancient Angkor p. 206.
In die 11de eeu is die tempel vergroot en herbou.Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, London: Weidenfeld & Nicolson, Die een of ander tyd het die koning beheer daaroor gekry en weer aan Shiva gewy.Cœdès & Dupont, 1943, pp. 141-150; Higham, The Civilization of Angkor, p. 114.
Verwysings
Bibliografie Cœdès, George / Dupont, Pierre: «Les stèles de Sdŏk Kăk Thoṃ, Phnoṃ Sandak et Práḥ Vihằr», BEFEO XLIII, 1943, pp. 56–154.
Glaize, Maurice (2003-weergawe van die Engelse vertaling van die Franse vierde uitgawe van 1993). The Monuments of the Angkor Group. Besoek op 14 Julie 2005. Charles Higham (2001). The Civilization of Angkor. Phoenix. . Inscriptions du Cambodge Éditées et traduites par G[eorge] Cœdès. Vol. I, Hanoi 1937
Eksterne skakels APSARA Authority. Banteay Srei Fotografiese dokumentêr oor Banteay Srei Banteay Srei-fotogalery
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Khmer-tempels in Kambodja