Parenkiem is 'n term uit die soölogie waarmee die funksionele dele van 'n orgaan aangedui word, in teenstelling tot die dele wat vir die struktuur sorg, met name steun- of bindweefsel. Dit ontwikkel uit die embrionale mesoderm.

In 'n kankergewas word met parenkiem die mutante woekerselle bedoel, in teenstelling tot die stroma, die omringende steunweefsel van die gewas.

Voorbeelde: Orgaan Parenkiem Nier Nefron Longe Alveoli, brongi Brein Neuron Lewer Hepatosietweefsel

Bronne

Sien ook Parenkiem (dubbelsinnig)

Kategorie:Dierkunde