Yasovarman I (Khmer: ព្រះបាទយសោវរ្ម័នទី១) was van 889 tot 910 die koning van die Khmer-ryk. Sy bynaam was die "Melaatse Koning".Vietnam, Cambodia, Laos & the Greater Mekong by Nick Ray, Tim Bewer, Andrew Burke, Thomas Huhti, Siradeth Seng. Bl. 212. Footscray; Oakland; Londen: Lonely Planet Publications, 2007.

Hy was die seun van koning Indravarman I en sy vrou, Indradevi.Some Aspects of Asian History and Culture deur Upendra Thakur. Bl. 37. Sy onderwyser was die Brahmaan Vamasiva, wat deel was van die Devaraja-priesterskap.

Bewind Ná die dood van Indravarman het Yasovarman en sy broer om die troon geveg, vermoedelik op land en op see. Eindelik het Yasovarman geseëvier. Omdat sy pa probeer keer het dat hy hom opvolg, het Yasovarman volgens inskripsies wat deur L.P. Briggs aangehaal word, "sy aanspraak op die troon deur sy pa, Indravarman I, of deur Jayavarman II, die stigter van die Angkor-dinastie, ontken en ’n uitgebreide stamboom opgestel waardeur hy hom deur sy ma verbind het aan antieke konings van Funan en Chenla".Briggs, The Ancient Khmer Empire; page 105.

duimnael|links|120px|’n Antieke reliëf uit die Phnom Bakheng-tempel uit die bewind van Yasovarman. Yasovarman I het ’n mislukte inval op Champa geloods, soos by Banteay Chmar gedokumenteer is.Maspero, G., 2002, The Champa Kingdom, Bangkok: White Lotus Co., Ltd., In die eerste jaar van sy bewind het hy sowat 100 kloosters in sy koninkryk laat bou. Hulle is gebruik as rusplek vir askete en die koning op sy reise. In 893 het hy bouwerk aan die Indratataka-baray (reservoir) voortgesit wat deur sy pa begin is. In die middel van hierdie meer (wat nou droog is) het hy die Lolei-tempel laat bou.Jessup, p.77; Freeman & Jacques, pp. 202 ff.

Yasovarman was een van die groot Angkor-konings. Sy grootste prestasie was om sy hoofstad van Hariharalaya te skuif na Yashodharapura, waar dit 600 jaar lank gebly het. Dit was hier waar al die groot en beroemde godsdiensmonumente soos die Angkor Wat gebou is. Eerstens het hy die skuif gemaak omdat daar reeds te veel tempels in die ou hoofstad was, en tweedens omdat dit nader aan die Siem Reap-rivier was en halfpad tussen die Kulenheuwels en die Tonlé Sap. So was hy nader aan die groot waterbronne.

Yashodharapura is op ’n lae heuwel, Bakheng, gebou en deur ’n pad met Hariharalaya verbind. Terselfdertyd het hy ’n groot reservoir by sy nuwe hoofstad begin bou. Hierdie kunsmatige meer is die Yashodharatataka, of die Oostelike Baray.Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, Londen: Weidenfeld & Nicolson,

Die Lolei, Bakheng en die Oostelike BarayGoloubev, Victor. '’nouvelles récherches autour de Phnom Bakhen. Bulletin de l'EFEO'' (Parys), 34 (1934): 576-600. is monumente vir hierdie koning.Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., Hulle is almal naby Kambodja se nasionale skat, die Angkor Wat, wat later gebou is.

Yasovarman is in 910 dood en het die postume naam Paramashivaloka gekry. Hy was melaats.The Rough Guide to Cambodia deur Beverley Palmer en Rough Guides.

Familie Yasovarman se vrou was Jayavarman IV se suster. Hulle het twee seuns gehad: Ishanavarman II en Harshavarman I.Briggs, Lawrence Palmer. The Ancient Khmer Empire. Transactions of the American Philosophical Society. 1951.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Konings van die Khmer-ryk Kategorie:Sterftes in 910