Baie min is bekend oor Jayavarman III (Khmer: ជ័យវរ្ម័នទី៣), die seun en opvolger van Jayavarman II. Hy was die tweede monarg van Angkor.

’n Inskripsie van Prasat Sak lui: "Toe hy nie ’n wilde olifant kon vang terwyl hy gejag het nie, het ’n godheid belowe hy sou dit kon doen as hy ’n heiligdom bou."Higham, The Civilization of Angkor p. 59 Daar is ’n paar tempels wat uit sy bewind gedateer word, maar volgens nie een se inskripsies is dit deur hom laat bou nie. Hy kon ’n klein konstruksie begin het wat deur sy meer ambisieuse opvolger, Indravarman I, oorskadu is.

Jayavarman III is in 877 dood, moontlik terwyl hy ’n wilde olifant gejaag het.Briggs, The Ancient Khmer Empire p. 97

Verwysings

Bronne Briggs, Lawrence Palmer. The Ancient Khmer Empire. Transactions of the American Philosophical Society, 1951. Higham, Charles. The Civilization of Angkor. University of California Press, 2001.

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Konings van die Khmer-ryk