Volkskapitalisme of Afrikaner-kapitalisme verwys na die projeksie van Afrikanernasionalisme op die ekonomie van Suid-Afrika. Dit is 'n verskynsel wat in die 1940's tydens die sogenaamde Ekonomiese Beweging ontstaan het. Dit het gepoog om ná die nederlaag van die Tweede Vryheidsoorlog die ekonomiese lot van Afrikaners bo dié van die Anglo-Afrikane en die swart bevolking van Suid-Afrika te bevorder.

Verwysings

Sien ook Afrikaners Afrikanernasionalisme Kapitalisme

Kategorie:Kapitalisme