Die Bayon (Khmer: ប្រាសាទបាយ័ន, Prasat Bayon) is ’n bekende, ryklik versierde tempel uit die Khmer-ryk in Angkor, Kambodja. Dit is in die laat 12de of vroeë 13de eeu gebou as die amptelike staatstempel van die Mahayana-Bhoeddistiese koning Jayavarman VII. Dit staan in die middel van Jayavarman se hoofstad, Angkor Thom.Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, Londen: Weidenfeld & Nicolson, , p.121Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., pp.378-382 Ná Jayavarman se dood is dit deur latere Hindoe- en Theravada-Boeddhistiese konings verander en aangepas volgens hul eie godsdiensvoorkeure.
Die Bayon se kenmerkendste eienskap is die talle kalm, glimlaggende gesigte teen die baie torings op die boonste terras.Freeman en Jacques, p.78. Die tempel het ook twee indrukwekkende stelle basreliëfs wat ’n ongewone kombinasie van mitologie, geskiedenis en alledaagse tonele uitbeeld. Die huidige hoofbewaringsliggaam van die tempel, die Japannese Regeringspan vir die Beskerming van Angkor (die JSA) het die tempel beskryf as die "treffendste voorbeeld van die barokstyl" van die Khmer-argitektuur, in teenstelling met die klassieke styl van Angkor Wat.The Bayon Symposium
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Khmer-tempels in Kambodja