Die kransaasvoël (Gyps coprotheres) is 'n aasvoël wat aangetref word in Suid-Afrika, Lesotho en Botswana. Af en toe besoek jong kransaasvoëls Namibië tydens hul jeugreise. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie as gevolg van vergiftiging, versteuring in die broeikolonies en omdat hulle deur oorhoofse elektriese kabels doodgeskok word.
Identifikasie Die kransaasvoël is 100–115 cm lank en het 'n donkerbruin bokant met 'n wit laerrug. Dit het donker vlugvere en wit borsvere.
Habitat Hulle habitat is grasveld, savanne en woestynagtige areas. Hulle broei op kranslyste.
Verspreiding Kransaasvoëls kom hoofsaaklik in die Drakensberge en Oos-Kaap voor. Daar is ook 'n kolonie in die De Hoop-natuurreservaat naby Bredasdorp in die Wes-Kaap.
Ander name Engels: Cape Griffon / Cape Vulture Wetenskaplike naam: Gyps coprotheres
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Eksterne skakels
Kategorie:Roofvoëls