Die witkopaasvoël is 'n aasvoël wat endemies (inheems) aan Afrika is. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Identifikasie Die witkopaasvoël het 'n pienk bek en wit kroon. Die veerlose kante van sy kop is bleek. Dit het 'n donkerbruin bolyf en swart stert. Die vere op sy onderlyf en bene is wit. Die vlerkspan van die witkopaasvoël is gemiddeld 2 m.
Habitat Die voël oornag snags in lang bome naby water.
Verspreiding Witkopaasvoëls is eksklusief inheems aan Afrika.
Ander name Engels: white-headed vulture Wetenskaplike naam: Trigonoceps occipitalis
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Kategorie:Roofvoëls