Die witrugaasvoël (Gyps africanus) is 'n groot roofvoël wat algemeen is in savannes. Dit is kleiner as die kransaasvoël. Die volwassse voël se lyf en vlerkdekvere wissel van dofgeel tot bruin, afwisselend gestreep en donkerder as die kransaasvoël s'n. Die grootbovlerkdekvere het nie donker kolle nie. Die wit rug is kenmerkend.
Die voël is 90 tot 100 cm groot, weeg 4,6 tot 6,6 kg en het 'n vlerkspan van 2,1 tot 2,3 meter.
Ander name Nederlands: Witruggier Engels: (African) White-backed Vulture Duits: Weißrückengeier Wetenskaplike naam: Gyps africanus
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Eksterne skakels
Kategorie:Roofvoëls