Die swartborsslangarend (Circaetus pectoralis) is 'n groot roofvoël van Afrika in die Accipitridae (arend)-familie. Dit lyk soos ander slangarende en daar was eers gemeen dat dit dieselfde spesie is as die korttoonslangarend (Circaetus gallicus) en Beaudouin se slangarend.

Identifikasie Die belangrikste identifikasiekarakter van hierdie voël is sy donkerbruin kop en bors, wat dit sy naam gee. In vlug vertoon die kop donker in teenstelling met die buik en onderkant van die vlerke, wat wit is afgesien van donker strepe op die vlugvere en stert. Die rugkant is donkerbruin en die oë is geel.

Die wyfie lyk dieselfde, maar is groter as die mannetjie, en die jongeling is rooibruin.

Roepklank Die roep is 'n gefluit kwo-kwo-kwo-kweeoo.

Verspreiding Hierdie spesie kan in die hele Suider-Afrika gevind word van Ethiopië en Soedan in die noorde tot in Suid-Afrika in die suide en Angola in die suidweste. As gevolg van sy wye verspreiding word hierdie spesie nie bedreig nie.

Habitat Dit bewoon verskillende habitat, mits dit oop terrein vind om in te jag en wat voldoende kos voorsien, asook bome om in nes te maak. Dit sluit in halfdroë of selfs woestyngebiede.

Soos sy naam aandui, voed hierdie voël meestal op slange, maar gereelde prooi sluit ook akkedisse, klein soogdiere en paddas in.

Voortplanting Die wyfie lê slegs een eier per paring, wat geïnkubeer word vir 50 dae. Die volgroeide kuiken verlaat die nes na 3 maande.

Ander name Engels: Black-breasted snake eagle of Black-chested snake eagle Wetenskaplike naam: Circaetus pectoralis

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronne Ian Sinclair, Phil Hockey en Warwick Tarboton, Sasol Voëls van Suider-Afrika Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. Brown, Leslie en Dean Amadon (1968).Eagles, Hawks and Falcons of the World vol.1, McGraw-Hill Book Company, New York.

Kategorie:Roofvoëls