duimnael|links|M. m. maxima, Rietvlei Natuurreservaat, Suid-Afrika
Die reusevisvanger is die grootste visvanger in Afrika. Dit is 'n endemiese voël wat oor groot dele van die kontinent suid van die Sahara voorkom, met die uitsondering van die droë suidweste.
Daar is twee subspesies, M. m. maxima, in oop velde, en M. m. gigantea in die reënwoude.
Hulle broei vanaf Augustus tot Januarie, 3-5 eiers word in 'n tonnel op rivierbanke gelê.
Die spesie teer op groot krappe, vis en paddas wat hulle vang deur tipies vanaf 'n sitplek in die water te duik.
Ander name Engelse naam: Giant Kingfisher Wetenskaplike naam: Megaceryle maxima
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Kategorie:Visvangers Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin