Die Sneeubal (Dryoscopus cubla) is 'n algemene standvoël in Afrika suid van die ewenaar. Die voël is 17 cm groot en weeg 26 gram. In Engels staan die voël bekend as die Black-backed puffback.

Verspreiding en leefgebied Dit word aangetref in tuine, ruigtes, rivierbos, bosveld, verskillende tipes boomveld, wattelplantasies of in die woudblaredak. Dit word aangetref vanaf suid-Somalië tot aan die Suid-Afrikaanse kuslyn.

Subspesies Ses subspesies word erken: Dryoscopus cubla affinis – suidelike Somalië, oostelike Kenia en noordoostelike Tanzania Dryoscopus cubla nairobiensis – van sentraal Kenia tot noordelike Tanzanië Dryoscopus cubla hamatus – van noordelike Angola tot suidwestelike Kenia, oostelike Tanzanië en noordelike Mosambiek Dryoscopus cubla chapini – noordoostelike Suid-Afrika en suidelike Mosambiek Dryoscopus cubla okavangensis – suidelike Angola, Namibië, suidelike Zambië en noordelike Botswana Dryoscopus cubla cubla – suidoostelike Suid-Afrika

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Eksterne skakels

Kategorie:Boslaksmanne Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin