Die Pêrelborsswael (Hirundo dimidiata) is 'n voël wat aan die familie van swaels behoort. Die spesie kom in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek van die Kongo, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe voor.

Daar is twee subspesies: H. d. marwitzi: van Angola en die suidelike Demokratiese Republiek van die Kongo tot noordoostelike Suid-Afrika en westelike Mosambiek. H. d. dimidiata: van Namibië en Botswana tot suidelike Suid-Afrika.

Ander name Wetenskaplike naam: Hirundo dimidiata Engelse naam: Pearl-breasted Swallow

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Kategorie:Swaels