Anton De Waal Alberts (* 1970) is 'n Suid-Afrikaanse advokaat en politikus wat tans 'n lid van die Gauteng provinsiale wetgewer is, waar hy die Vryheidsfront Plus verteenwoordig. Hy is die party se koukusleier in die wetgewer. Alberts was 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vanaf 2009 tot 2019. Tussen 2007 en 2009 het hy as 'n raadslid van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit gedien.

Vroeë lewe en opvoeding Alberts is op 27 Augustus 1970 in Johannesburg gebore. Hy het aan die Hoërskool Roodepoort gematikuleer, waarna hy 'n LL.B en LL.M aan die Randse Afrikaanse Universiteit verwerf het. Hy het toe 'n M.Phil in Toekomsstudies aan Universiteit Stellenbosch ontvang. In 2007 het hy 'n Kanadese LL.B verwerf. Alberts is tans besig met sy doktorsgraad in internasionale reg aan die Universiteit van Kaapstad.

Politieke loopbaan In 2007 is Alberts as 'n raadslid van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit vir die Vryheidsfront Plus aangewys. Hy het 'n parlementslid in 2009 geword. Hy is in 2014 vir 'n tweede termyn herkies.

In die Mei 2019-verkiesing is Alberts tot die Gauteng provinsiale wetgewer, asook sy party se koukusleier verkies.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Politici van die Vryheidsfront Plus Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika