Mcebisi Skwatsha (gebore 31 Julie 1964) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress en is die adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Hy was tot Mei 2014 'n lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement en voormalige ANC sekretaris in die Wes-Kaap.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress