Ngoako Ramatlhodi (gebore 21 Augustus 1955) is 'n senior lid van die African National Congress. Hy was Suid-Afrika se Minister van Staatsdiens en Administrasie van 2015 tot Maart 2017. In die eerste Zuma-administrasie was hy 'n LP en 'n omstrede lid van die Regterlike Dienskommissie. Hy het in 2017 as LP bedank.

Hy was tot 2015 Minister van Minerale Hulpbronne. Ramatlhodi het in 2017 beweer dat Ben Ngubane, die Eskom-voorsitter, en Brian Molefe, uitvoerende hoof, versoek het dat hy Glencor se mynlisensies beëindig in 'n oënskynlike slenter om die verkoop van sy Optimum-steenkoolmyn aan die Guptafamilie te vergemaklik. Hy is in sy daaropvolgende ministerspos aangewys nadat hy glo nie daaraan gehoor gegee het nie.

Hy is in die kabinetskommeling van Maart 2017 afgedank, na bewering sonder dat redes verskaf is. Sy pos is ingeneem deur 'n bekende Zuma-bondgenoot, die destydse Vrystaatse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Mosebenzi Zwane. In dieselfde skommeling is Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, ook vervang.

Verwysings

Eksterne skakels Ngoako Ramatlhodi op People's Assembly.

Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers