Thembelani Waltermade Nxesi (gebore 1 Januarie 1959; beter bekend as Thulas Nxesi) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en gewese Minister van Indiensneming en Arbeid van 30 Mei 2019 tot 19 Junie 2024. Hy was van 26 Februarie 2018 tot 29 Mei 2019 Minister van Openbare Werke, van 30 Maart 2017 tot 26 Februarie 2018 Minister van Sport en Ontspanning en van 31 Oktober 2010 tot 24 Oktober 2011 Adjunkminister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. Hy is sedert 6 Mei 2009 lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.

Vroeë lewe en uitbeelding Thulas Nxesi is gereeld uit die skool geskors vanweë sy betrokkenheid by politieke aktiwiteite.

Hy verwerf in 1983 'n B.A.-graad aan die Universiteit van Fort Hare. Hierna ontvang hy sy B.Ed.-graad van die Universiteit van die Witwatersrand en 'n Hoër Onderwysdiploma van die Universiteit van Suid-Afrika.

Loopbaan Nxesi se politieke loopbaan begin as studente-aktivis en leier van die studentebeweging van die United Democratic Front, die South African National Student Congress (SANSCO), en sy voorganger, die Azanian Students Organisation (AZASO).

Hy gee van 1985 tot 1990 onderwys by die Ikusasa Senior Sekondêre Skool in Tembisa, Gauteng, waar hy aan die hoof staan van die departement van sosiale studies. Vanaf 1990 tot 1994 dien hy as Assistent-sekretaris-generaal en vanaf 1994 tot 2010 as Sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels Thulas Nxesi op People's Assembly

Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van openbare werke Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van sport en ontspanning Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van arbeid