Mathume Joseph Phaahla (gebore 11 Julie 1957) is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress, algemeen bekend as Joe Phaahla. Op 5 Augustus 2021 is Dr. Phaahla deur president Cyril Ramaphosa as die nuwe minister van Gesondheid van Suid-Afrika aangewys.
Dr. Phaahla het sy mediese graad aan die Universiteit van Natal behaal en was voorheen die Adjunkminister van Gesondheid, Adjunkminister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, en die Adjunkminister van Kuns en Kultuur.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van gesondheid