Nhlanhla Musa Nene ([ˈnɬanɬa ˈnɛnɛ], gebore op 5 Desember 1958 op Kranskop) was 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.

Hy het twee keer as die Suid-Afrikaanse minister van finansies gedien: 26 Mei 2014 tot 9 Desember 2015 onder president Jacob Zuma en van 27 Februarie 2018 tot 9 Oktober 2018 onder president Cyril Ramaphosa.

Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van finansies Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Zoeloes