Boor-11 B is 'n stabiele isotoop van boor. Dit is die isotoop wat mees volop is.
Neutrondiffraksie Hierdie nuklied is vir neutrondiffraksie geskik, maar die aanwesigheid van B, wat sterk neutrone absorbeer maak dit onmoontlik om die element in sy natuurlike samestelling aan hierdie tegniek te onderwerp. Monsters moet met boor-11 verryk word om dit moontlik te maak en dit is duur.
KMR Albei die stabiele kerne van boor kan vir resonansie gebruik word, maar hulle besit albei 'n kwadrupool. Boor-11 is die beste KMR-kern omdat die kwadrupool kleiner is en die gevoeligehid groter. Die gevoeligheid by natuurlike isotoopsamestelling is 0,165 ten opsigte van proton-KMR en die bereik van die chemiese verskuiwings ongeveer 210 dpm. Die resonansiefrekwensie is 32,083974% van die proton s'n.Hebreeuse universiteit
'n Probleem is dat die KMR-buisies wat gewoonlik vir die tegniek gebruik word boor bevat en dit lewer 'n breë agtergrondpiek. Kwartsbuisies is beter maar ook duur.
Verwysings
Kategorie:Isotope van boor