Vinicius de Moraes 220px

Brasiliaanse digter, essayis, komponis en diplomaat

Alma mater Universiteit van die Deelstaat Rio de Janeiro (UERJ) Universiteit van Oxford

Literêre stroming Simbolisme, modernisme (onder andere)

Musiekgenre Bossa nova, samba, Música Popular Brasileira (MPB)

Handtekening 220px

Amptelike webtuiste viniciusdemoraes.com.br Vinicius de Moraes ([viˈnisjuʃ dʒi moˈɾajʃ], gebore as Marcus Vinicius de Moraes, die afwykende spelling Vinícius de Moraes kom eweneens voor; * 19 Oktober 1913 in Gávea, Rio de Janeiro; † 9 Julie 1980 in Rio de Janeiro) was 'n Brasiliaanse digter, essayis, toneelskrywer, joernalis, sanger en komponis wat 'n beslissende invloed op die ontwikkeling van moderne Brasiliaanse literatuur en musiek uitgeoefen het. Hy het internasionale bekendheid verwerf met sy bossa nova-komposisies en die toonsetting van sy gedigte.

Danksy 'n studiebeurs, wat deur die British Council aan hom toegeken is, het Vinicius de Moraes die geleentheid gekry om Engelse taalkunde en literatuur aan die Universiteit van Oxford te studeer. Hy was vervolgens werksaam by die BBC te Londen. ebiografia.com: Vinicius de Moraes. Besoek op 3 Julie 2018 Naas sy skryfwerk het hy 'n diplomatieke loopbaan gevolg en poste in Brasilië se diplomatieke sendings in Los Angeles, Montevideo, Parys en Rome beklee.

Brasiliane het aan hom die erebynaam O Poetinha ("die klein digter") gegee. 'n Straat in Rio de Janeiro se befaamde strandbuurt Ipanema (Rua Vinicius de Moraes) is na hom vernoem.

Verwysings

Eksterne skakels Media

Samba da Bênção - Vinicius de Moraes YouTube - Canal Oficial

Vinicius de Moraes

Kategorie:Brasiliaanse musici Kategorie:Brasiliaanse skrywers Kategorie:Digters Kategorie:Dramaturge Kategorie:Essayiste Kategorie:Brasiliaanse joernaliste Kategorie:Komponiste Kategorie:Sangers Kategorie:Geboortes in 1913 Kategorie:Sterftes in 1980