Die jaar 1779 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 79ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure 6 Maart – Pous Pius VI publiseer Nuper pro oor erflatings in Portugal. 12 Julie – Pous Pius VI stel František de Paula Hrzán z Harasova, ouditeur van die Heilige Roomse Rota en Alessandro Mattei, aartsbiskop van Ferrara, aan as kardinale.
Geboortes 6 Maart – Antoine-Henri Jomini, Switserse generaal († 1869). 8 Mei – Groothertog Konstantyn Pawlowitsj van Rusland, tsesarewitsj van Rusland en onderkoning van Kongres-Pole († 1831). 21 Junie – Sir Christoffel Josephus Brand, die eerste Speaker van die Kaapse parlement († 1875). 12 Augustus – Johannes Janse van Rensburg, Voortrekkerleier († 1836). 8 September – Mustafa IV, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk († 1808).
Sterftes 14 Februarie – James Cook, Britse ontdekkingsreisiger (* 1728).
Kategorie:18de eeu Kategorie:1779