Die jaar 1780 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure Geskiedenis Die Nederlanders stem in om die Groot-Visrivier die grens van die Kaapkolonie te maak. Chicago, die derde grootste stad in die Verenigde State, word gestig. 11 Desember – Pous Pius VI stel Paolo Francesco Antamori, verkose biskop van Orvieto, aan as kardinaal.
Meteorologie Horace de Saussure bou die haar-higrometer, wat humiditeit meet.
Geboortes 10 Januarie – Hinrich Lichtenstein, 'n Duitse geneesheer, skrywer en botanikus († 1857). 1 Junie – Carl von Clausewitz, Pruisiese generaal en militêre strateeg († 1831). Onbekend – Piet Retief, Voortrekkerleier († 1838).
Sterftes 18 Februarie – Kristijonas Donelaitis, Pruisies-Litause digter (* 1714). Dolly Pentreath die laaste vrou wat die ou inheemse taal Kornies nog as haar moedertaal beskou.
Kategorie:18de eeu Kategorie:1780