Die jaar 1761 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 61ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 14 Junie – Pous Clemens XIII publiseer In Dominico Agro – Oor godsdiensonderrig. 23 November – Pous Clemens XIII stel 10 nuwe kardinale aan, waaronder Christoph Anton von Migazzi von Waal und Sonnenthurn, aartsbiskop van Wene.

Geboortes 1 Februarie – Christiaan Hendrik Persoon, Suid-Afrikaanse botanikus en mikoloog († 1836). 20 Maart – Nicolas Frochot, Franse politikus († 1828). 13 Junie – Anton Wranitzky, Tsjeggiese komponis († 1820). 20 November – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII), die 253ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1830). 24 Desember – Selim III, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk († 1808).

Sterftes 18 September – Joachim Nikolaus von Dessin, grondlegger van die Suid-Afrikaanse openbare biblioteek (* 1704)

Kategorie:18de eeu Kategorie:1761