Katrín Jakobsdóttir (uitgespreek ; gebore 1 Februarie 1976) is 'n Yslandse politikus en sedert 2017 die 28ste Eerste Minister van Ysland. Sy is sedert 2007 lid van die Althing vir die kiesafdeling Reykjavík-Noord. In 2003 word sy ondervoorsitter van die Links-Groenbeweging en in 2013 word sy voorsitter. Katrín was sedert 2 Februarie 2009 tot 23 Mei 2013 Minister van Onderwys, Wetenskap en Kultuur en van Nordiese Samewerking.
Verwysings
Kategorie:Yslandse politici Kategorie:Ministers van Kultuur Kategorie:Ministers van Onderwys Kategorie:Ministers van Wetenskap Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense