António Luís Santos da Costa GCIH (gebore 17 Julie 1961) is 'n Portugese regsgeleerde en politikus en sedert 26 November 2015 die 119de Eerste Minister van Portugal. In die verlede was hy Minister van Parlementêre Sake van 2005 tot 2007 en Burgemeester van Lissabon van 2007 tot 2015. In September 2014 word hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die Sosialistiese Party.António Costa's Biography on the Portuguese Government's official webpage. Op 27 Junie 2024 is hy deur die Europese Raad wat in Brussel byeengekom het, aangestel as hulle president.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense