Xavier Bettel (; gebore 3 Maart 1973) is 'n Luxemburgse politikus en regsgeleerde en sedert 4 Desember 2013 die 24ste Eerste Minister van Luxemburg in opvolging van Jean-Claude Juncker. Hy het voorheen gedien as die burgemeester van Luxemburgstad, as lid van die Kamer van Afgevaardigdes, en as lid van die Luxemburgse kommunale raad. Bettel is 'n lid van die Demokratiese Party.
Verwysings
Kategorie:Eerste Ministers van Luxemburg Kategorie:Ministers Kategorie:Burgemeesters Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense