Die lidlande van die Groep van Sewe (G7) en hulle verteenwoordigers tydens spitsberade.senter|300px|Groep van Sewe 20px Duitsland – Bondskanselier Friedrich Merz 20px Frankryk – President Emmanuel Macron 20px Italië – Eerste Minister Giorgia Meloni 20px Japan – Eerste Minister Sanae Takaichi 20px Kanada – Eerste Minister Mark Carney 20px Verenigde Koninkryk – Eerste Minister Andy Burnham 20px Verenigde State – President Donald Trump

Die Groep van Sewe (kort G7) is 'n informele forum van die Westerse wêreld se leidende nywerheidslande wat in 1975 in die lewe geroep is. Die G7 se staats- en regeringshoofde kom gereeld vir spitsberade byeen om ekonomiese en ander kwessies te bespreek. Die G7 bestaan tans uit Duitsland, Frankryk, Italië, Japan, Kanada, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Die Russiese Federasie, wat in 1998 tot die forum toegetree het wat vervolgens as Groep van Agt bekendgestaan het, is ná die anneksasie van die Krim-skiereiland op 25 Maart 2014 uitgesluit. Die forum het sodoende na sy oorspronklike formaat teruggekeer.

duimnael|links|Staats- en regeringsleiers tydens die 43ste G7-spitsberaad in Taormina, Italië: Donald Tusk, Justin Trudeau, Angela Merkel, Donald Trump, Paolo Gentiloni, Emmanuel Macron, Shinzō Abe, Theresa May, Jean-Claude Juncker (van links na regs) Die Europese Gemeenskap (sedert 1993 die Europese Unie) neem sedert 1977 aan die spitsberade deel en word deur die Europese Kommissie en die land, wat op dié tydstip die roterende presidentskap van die Europese Unie beklee, verteenwoordig.

Die forum het hom aanvanklik op die koördinasie van die lidlande se ekonomiese beleid toegespits, maar het later ook begin om internasionale vraagstukke soos die stryd teen armoede in die ontwikkelende lande, werkloosheid, die stryd teen misdaad en terrorisme en die proliferasie van massavernietigingswapens te behandel.

Die eerste internasionale ekonomiese spitsberaad van die (destyds ses) leidende nywerheidslande het in 1975 as G6-spitsberaad op inisiatief van die Franse regering in die kasteel van Rambouillet (Frankryk) plaasgevind.

Lys van die Groep van Sewe-spitsberade

Nommer Jaar Plek Land 1 1975 Rambouillet 2 1976 San Juan 3 1977 Londen 4 1978 Bonn 5 1979 Tokio 6 1980 Venesië 7 1981 Ottawa 8 1982 Versailles 9 1983 Williamsburg 10 1984 Londen 11 1985 Bonn 12 1986 Tokio 13 1987 Venesië 14 1988 Toronto 15 1989 Parys 16 1990 Houston 17 1991 Londen 18 1992 München 19 1993 Tokio 20 1994 Napels 21 1995 Halifax 22 1996 Lyon 23 1997 Denver 24 1998 Birmingham 25 1999 Keulen 26 2000 Okinawa 27 2001 Genua 28 2002 Kananaskis 29 2003 Évian-les-Bains 30 2004 Sea Island 31 2005 Gleneagles 32 2006 Sint Petersburg 33 2007 Heiligendamm 34 2008 Tōyako 35 2009 L’Aquila 36 2010 Huntsville 37 2011 Deauville 38 2012 Camp David 39 2013 Lough Erne, Fermanagh 40 2014 Brussel 41 2015 Krün, Beiere 42 2016 Shima, Mie-prefektuur 43 2017 Taormina, Sisilië 44 2018 La Malbaie, Quebec 45 2019 Biarritz, Nieu-Akwitanië 46 2020 gekanselleer (Covid-19-pandemie) 47 2021 Carbis Bay, St Ives, Cornwall 48 2022 Kasteel Elmau, Beiere 49 2023 Hiroshima 50 2024 Fasano, Apulië 51 2025 Kananaskis, Alberta 52 2026 Évian-les-Bains, Haute-Savoie 53 2027 n.v.t.

Leiers van die G7

Hoofonderwerpe Die G7-spitsberade word veral gekenmerk deur die geleidelike uitbreiding van hulle agenda's. Terwyl hulle in die 1970's nog deur ekonomiese vraagstukke oorheers is, het ook die internasionale politiek in die 1980's meer aandag gekry. In die negentigerjare het dit saam met kwelvrae soos die bestryding van terrorisme tot die hoofonderwerp van die spitsberade ontwikkel.

Verwysings

Eksterne skakels

Die Universiteit van Toronto se G8-inligtingsentrum Inligting oor die G8 op die Duitse regering se amptelike webwerf