Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir ander gebruike, sien Aberdeen (dubbelsinnig).

Aberdeen is 'n dorp in die Kamdeboo (d.w.s. Oos-Kaapse Karoo) aan die voet van die Kamdeboo-berge, Suid-Afrika. Die N9 nasionale pad gaan langs die dorp verby.

Geskiedenis duimnael|links|Die toring van die NG kerkgebou op Aberdeen is een van die hoogste in Suid-Afrika duimnael|links|Poskantoor en landdroshof in Aberdeen Dit is gestig in 1856 as 'n kerkdorp op die plaas Brakkefontein, na die NG gemeente reeds in 1852 gestig is. Die huidige kerkgebou is op 12 September 1925 ingewy. Die dorp is genoem na die geboorteplek in Skotland van ds. Andrew Murray sr., predikant van Graaff-Reinet.Dictionary of Southern African Place names. URL besoek op 26 Julie 2013.

Distrik Die distrik is 6 900 km² groot. Dit is 'n sentrum vir veeteelt en skaapboerdery.

Noemenswaardige boorlinge Anaso Jobodwana, Suid-Afrikaanse naelloper. Laurens Meintjes, Suid-Afrika se eerste wêreldfietsrykampioen, is hier gebore op 9 Junie 1868. Oswald Pirow, Suid-Afrikaanse minister van verdediging en prokureur. Ds. F.J.B. Malan, predikant in die NG Kerk. Ds. Jan Weitz, predikant in die NG Kerk.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bron

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap