Die Kamdebooberge is die koppiesagtige bergwêreld noord van Aberdeen in die distrik Graaff-Reinet. Aan die noordekant sluit dit aan by die Onder-Sneeuberg.

Die naam is ontleen aan die Kamdeboorivier. Dit is 'n Khoisan-woord wat groen hoogtes of heuwels beteken. Die gebied was voorheen bebos. Die Kamdeboo-boekenhout is in 2008 hier ontdek.https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S0254629913002196

Sien ook Kamdeboo

Verwysings

Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap