Fort Beaufort (Xhosa: iBhofolo), amptelik hernoem na KwaMaqoma in Maart 2023, is een van die oudste dorpe aan die vroeëre Oosgrens in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp lê aan die voet van die Winterberg en op die oewer van die Katrivier.
Geskiedenis In 1822 is hier 'n blokhuis opgerig as vestiging vir Engelse troepe – onder bevel van lt.kol H Maurice – wat toesig moes hou oor vyandige Xhosa-krygers in die vrugbare Katriviervallei. Dit het 'n dorp geword teen 1840 en 'n militêre fokuspunt in die Grensoorloë. Tydens die Agtste Grensoorlog, op 7 Januarie 1851, is die fort suksesvol verdedig teen 'n groot Xhosa-leërmag. Die dorp is vernoem na die hertog van Beaufort, vader van die Goewerneur, lord Charles Somerset.
Alhoewel dit reeds sedert 1840 'n dorp is, is die NG gemeente Fort Beaufort hier eers in 1949 afgestig van Alice, 'n gemeente wat weens demografiese veranderings en die Nasionale Party-regering se beleid van apartheid nie meer bestaan nie.
Die eerste pad na Fort Beaufort vanaf Grahamstad, via die Eccapas, is deur Andrew Geddes Bain gebou.
Gesondheidsorg Fort Beaufort het drie staatshospitale, naamlik Fort Beaufort Provinsiale Hospitaal , Tower Psigiatriese Hospitaal en Winterberg TB-hospitaal. Daar is ook 7 primêre gesondheidsorgklinieke in die area, naamlik C.C. Lloyd (in die dorp), Newtown, Hillside, Thozamile, Lulama Kama, Healdtown en Mxelo.
Distrik Die distrik is 1 280 km2 groot. Die belangrikste produkte is beesvleis, merinowol en sitrusvrugte.
Galery
Naburige dorpe
Sien ook Martellotoring NG gemeente Fort Beaufort Fort Beaufort (kiesafdeling) Lys van dorpe in Suid-Afrika Lys van forte in die Oos-Kaap Kaapse grensoorloë
Bron
Verwysings
Kategorie:Forte in Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap