Die Estadio José Amalfitani is 'n sportstadion geleë in die Liniers omgewing van Buenos Aires, Argentinië, naby Liniersstasie. Die stadion is die tuiste van die Argentynse sokkerklub Vélez Sársfield en is ook bekend as El Fortín de Liniers of Vélez Sarsfield. Die Estadio José Amalfitani is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 vir drie groepwedstryde gebruik.
Rugby duimnael|links|'n Volgepakte stadion tydens 'n sokkerwedstryd Die Estadio José Amalfitani is die tuisstadion van die Jaguares, 'n Argentynse superrugbyspan gebaseer in Buenos Aires. Die stadion huisves ook gereeld toetswedstryde van die Argentynse nasionale rugbyspan (die Los Pumas).
Met die Springbokke se besoek aan Argentinië in November 2005 by Vélez Sársfield, het hulle teen 'n sterk Pumaspan te staan gekom. Die Pumas het halftyd met 20–16 voorgeloop, voor hulle in die tweede helfte verswak, en die onderspit gedelf het met 34–23.
In die tweede toets in 2006 teen Wallis, by Vélez Sársfield, het die Pumas met 45–27 geseëvier, Argentinië se grootste oorwinning ooit oor Wallis. Los Pumas se volgende gaste was die wêreld se topspan, die All Blacks, op Vélez Sársfield. Die All Blacks oorleef 'n Pumas-aanslag in die laaste minute om met 25–19 te wen, en Argentinië van 'n groot opskudding te ontneem.
Wedstryde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers3 Junie 1978 13:45 2–1 Groep 3 40 8417 Junie 1978 13:45 1–0 Groep 3 41 42411 Junie 1978 13:45 1–0 Groep 3 46 765
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Sport in Buenos Aires Kategorie:Geboue en strukture in Argentinië Kategorie:Rugby in Argentinië Kategorie:Sokker in Argentinië Kategorie:Rugbystadions Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions