Netflix, Inc. is 'n Amerikaanse vermaaklikheidsmaatskappy met hoofkwartier in Los Gatos, Kalifornië. Netflix is in 1997 deur Reed Hastings en Marc Randolph in Scotts Valley, Kalifornië gestig. Die maatskappy se primêre besighede is sy inskrywinggebaseerde, video-op-aanvraag-stromingdiens wat aanlynstroming van 'n katalogus van films en televisieprogramme bied, sowel as die verspreiding en produksie van oorspronklike films en televisiereekse wat slegs deur die diens versprei word.
Eienaarskap Vanaf 2017 is Netflix-aandele hoofsaaklik deur institusionele beleggers gehou, insluitend Capital Group Companies, The Vanguard Group, BlackRock onder andere.
Finansies Vir die fiskale jaar 2018, het Netflix verdienste van VS$ 1.21 miljard, met 'n jaarlikse inkomste van VS$ 15,8 miljard, 'n toename van ongeveer 116% oor die vorige fiskale siklus. Netflix se aandele het verhandel teen meer as $400 per aandeel teen sy hoogste prys in 2018, en sy markkapitalisasie het 'n waarde van meer as VS$ 180 miljard bereik in Junie 2018. Netflix het 261 op die 2018 Fortune 500 -lys van die grootste maatskappye in die Verenigde State volgens inkomste gelys. JaarInkomstein mil. VSD-$Prys per aandeelin VSD-$Werknemersaantal intekenare in miljoene20056822,592,520069973,694,0200712053,127,3200813654,099,4200916706,3211,92010216316,8221802011320527,4923482012360911,8620452013437535,2720222014550557,4924502015678091,90370020168831102,034700201711693165,3755002018157947100201920156860020202499694002021296971130020223161512800
Netflix se inkomste vir die eerste kwartaal van 2019 het $ 4,5 miljard bereik en 9,6 miljoen nuwe intekenaars (148.9M totale intekenaars) bygevoeg. Die groei van intekenaars was 16% meer in vergelyking met 2018.
Sien ook Kaos (TV-reeks) Showmax Squid Game Hellbound A Series of Unfortunate Events Money Heist The Perfect Couple (TV-reeks) The Tinder Swindler
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Besigheidsgegewens vir Netflix: Google Finance Yahoo! Finance Reuters SEC inskrywings
Kategorie:Netflix