Kalsiumfluoried is 'n chemiese verbinding van kalsium en fluoor met 'n formule . Dit kom in die natuur as die mineraal fluoriet voor.
Optiese eienskappe Suiwer kalsiumfluoried is 'n vastestof wat deursigtig is in 'n groot golflengtebereik. Dit is ook fisies en chemies taamlik stabiel en dit is moontlik om groot en suiwer kristalle van die stof te vervaardig, byvoorbeeld met 'n Bridgman-Stockbarger-tegniek. Hierdie kristalle word aangewend as optiese venstermateriale in lasertoepassing en as lense vir vakuum-UV-lig wat in halfgeleier-litografie gebruik word.Handbook of Crystal Growth: Bulk Crystal Growth Elsevier, 2014, ,
Fluoor-KMR Kalsiumfluoried het 'n belangrike rol gespeel in die vroeë ontwikkeling van NMR-metode toegepas op fluoor. Die baanbrekende werk van Lowe en Norberg het in 1957 verskyn. Kalsiumfluoried was 'n ideale stof hiervoor. Die Debyetemperatuur is taamlik hoog: 474K en daardeur kan die invloed van fonone op die kubiese rooster verwaarloos word. Die fluooratome vorm 'n primitief-kubiese rooster. Die aktiewe 19F-isotoop verteenwoordig 100% van die kerne en het 'n taamlik groot dipool sonder kwadrupool. Nuclear Magnetic Resonance and Relaxation Cambridge University Press, 2005, ,
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kalsium