Die Seawolf-klas duikboot is 'n reeks Amerikaanse Vloot kernaangedrewe aanvalsduikbote. Dit is die duurste duikbote wat ooit gebou is en kan selfstandig teen vyandelike vaartuie optree indien nodig. Hulle primêre doelwit was om Russiese missieldraende duikbote te vernietig voordat hulle Amerika kon aanval. Toe die Seawolf-projek geformuleer is gedurende die middel 1980's was die Reagan-administrasie se grootste doelwit totale oorheersing oor die Sowjetduikbootvloot. Gevolglik het die Reagan-administrasie 'n ooptjekboekbeleid gevolg met die ontwikkeling van die Seawolf-duikbote.
Teen die tyd wat die eerste duikboot USS Seawolf (SSN-21) in produksie was het die Koue Oorlog tot 'n einde gekom. Die Bush-administrasie het toe in 1992 besluit om slegs die USS Connecticut en USS Jimmy Carter klaar te laat bou teen 'n koste van $ 2 765 900 000, al is daar aanvanklik beplan vir 29 eenhede.
Die koste het egter groot publieke kritiek tot gevolg gehad en die Bush-administrasie besluit toe om die hele bestelling van 29 bote te kanselleer met uitsondering van die prototipe. Die kernduikbootgemeenskap, gelei deur Admiraal Bruce DeMars, en ondersteun deur die skeepsbouers, het die Amerikaanse Kongres toe oorreed om tog die twee addisionele duikbote te laat bou. Met slegs drie duikbote wat gebou moes word het die koste skerp gestyg en die derde duikboot het meer as $ 3 miljard gekos.
Die leier in die klas, USS Seawolf (SSN-21), was die vierde duikboot van die Amerikaanse Vloot wat die naam Seawolf gedra het.
Duikbote in die klas Naam Kenteken Bouer Kiel gelê Te water gelaat In diens gestel StatusSeawolf subgroepUSS Seawolf (SSN-21)frameless|100pxGeneral Dynamics Electric Boat, Groton, Connecticut25 Oktober 198924 Junie 199519 Julie 1997In diensUSS Connecticut (SSN-22)links|frameless|100px14 September 19921 September 199711 Desember 1998In diensJimmy Carter subgroepUSS Jimmy Carterframeless|100pxGeneral Dynamics Electric Boat, Groton, Connecticut5 Desember 199813 Mei 200419 Februarie 2005In diens
Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,
Sien ook USS Seawolf (SSN-575)
Kategorie:Duikbote