Reed Smoot (10 Januarie 1862, Salt Lake City - 9 Februarie 1941, St. Petersburg) was 'n Amerikaanse politikus.

Hy was senator uit die Amerikaanse staat Utah en het tot die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (Mormone) behoort. Hy is veral bekend of selfs berug vanweë die proteksionistiese Hawley-Smoot-doeanewet wat hy saam met Willis Hawley voorgestel het en wat in 1930 deur president Hoover onderteken is. Hierdie wet het hoë invoerregte op talle goedere gehef en ander lande het hierop geantwoord deur hulle eie doeanewette aan te neem. Dit het 'n belangrike bydrae gelewer tot die wêreldwye depressie wat gevolg het.Guardian 29 Jan 2017

Verwysings

Eksterne skakels

Grampa Bill's G.A. Pages: Reed Smoot United States Senate's Senate Historical Office

Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1862 Kategorie:Sterftes in 1941