Die USS Seawolf was 'n kernaangedrewe duikboot van die Amerikaanse Vloot. Dit was die tweede kernaangedrewe duikboot ooit en die ontwerp was geskoei op dié van die USS Nautilus. Een wesenlike verskil was dat die duikboot bewapen was. Sy kiel is gelê op 7 September 1953 en is in diens gestel in Maart 1957. Die duikboot is uniek omrede die reaktor verkoel was deur vloeibare natrium. Dit het voordele sowel as nadele gehad.
Die duikboot het veral bekend geword nadat dit op 7 Augustus 1958 geduik het en eers weer na die oppervlak gekom het op 6 Oktober 1958. Die duikboot was dus vir twee maande onderwater en het in dié tyd 13 780 seemyl afgelê. Dit het aan die wêreld die werklike vermoë van 'n ware duikboot gedemonstreer.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die USS Seawolf: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 3 209 metrieke ton Verplasing (onderwater) 4 045 metrieke ton Aandrywing (op- en onderwater) Westinghouse SG2vloeibare natrium kernreaktor Spoed (oppervlak) 23,0 knope Spoed (onderwater) 19,0 knope Wapens6 × 21 duim (530 mm) torpedobuise8 torpedo's
Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,
Kategorie:Duikbote