Secretly Group is 'n familie van onafhanklike Amerikaanse plaatetikette wat in 1996 in Bloomington, Indiana gevestig is. Die groep bestaan tans uit Secretly Canadian, Jagjaguwar en Dead Oceans. Die eerste etiket, Secretly Canadian, is in 1996 deur die broers Chris en Ben Swanson, Eric Weddle en Jonathan Cargill gestig. Die eerste vrystelling was 'n heruitreiking van 'n langspeler wat deur die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer June Panic opgeneem is. Weddle het die onderneming later verlaat om die etiket Family Vineyard te stig. Die oorblywende drie stigters is in 1999 vergesel deur Darius Van Arman en sy etiket Jagjaguwar. duimnael|links|Chris Swanson, medestigter van die Secretly Group en die onderneming se voorsitter van die afdeling kunstenaars & repertoire (President A&R), op 2 Maart 2019 in die Kulturhuset, Oslo, Noorweë In Februarie 2007 het die vennote agter Secretly Canadian en Jagjaguwar saam met Phil Waldor, gewese bestuurder van die etiket Misra Records, die stigting van 'n derde suster-etiket, Dead Oceans, aangekondig. Al drie etikette maak gebruik van gemeenskaplike kantore en personeel in Bloomington, maar handhaaf nogtans hul eie style en estetiese visies. In Junie 2013 het die stigters as vennote by The Numero Group, 'n etiket uit Chicago wat hom op heruitreikings toespits, aangesluit. Die onderneming staan sedertdien bekend as Secretly Group.Music Week, 24 Junie 2013: Secretly Label Group is born: Numero, Dead Oceans, Jagjaguwar and Secretly Canadian join forces. Besoek op 5 Junie 2018

Vrystellings van al vier etikette word deur Secretly Canadian se eie verspreider, Secretly Distribution, versprei. Secretly Group het satellietkantore in New York, Chicago, Londen MusicBusiness Worldwide, 2 Desember 2015: Secretly Distribution Opens in London. Besoek op 22 Augustus 2018 en Parys. Die Duitse verspreider is Cargo Records in Wuppertal, terwyl die etiket-bestuurderes Vivien Mierzkalla in Berlyn werksaam is.

Verwysings

Eksterne skakels Media

LUMP: Curse of the Contemporary. Projek van die Britse sangeres en liedjieskryfster Laura Marling en die vervaardiger Mike Lindsay. Debuutalbum LUMP vrygestel op 1 Junie 2018 deur Dead Oceans. Amptelike videosnit opgelaai deur Dead Oceans op YouTube.com Onderhoude

YouTube.com: Sugar High - A Life in Music: Chris Swanson of The Secretly Group Kategorie:Amerikaanse platemaatskappye