duimnael|Die Hertog en Hertogin van Cambridge. Die Hertog van Cambridge is ’n oorerflike Britse adellike titel. Die titel (genoem na die stad Cambridge in Engeland) word geërf deur manlike afstammelinge van die titelhouer deur eersgeboortereg.

Die titel dateer van die 17de eeu en het die vroeëre titel Graaf van Cambridge vervang. Die titel was verskeie kere in onbruik voordat dit op 29 April 2011 weer ná meer as 100 jaar aan prins William toegeken is op die dag dat hy met Kate Middleton getrou het.

Geskiedenis Die titel is die eerste keer toegeken aan Charles Stuart, die oudste seun van die Hertog van York (later koning James II). Hy was egter nooit amptelik die Hertog van Cambridge nie omdat hy op ses maande dood is. Die eerste amptelik erkende houer vanaf 1664 was James Stuart, die tweede oudste seun van die Hertog van York. Hy is egter in 1667 op driejarige ouderdom dood en die titel het in onbruik geraak. Later daardie jaar is dit toegeken aan die Hertog van York se derde oudste seun, Edgar, maar hy is in 1671 dood, ook op driejarige ouderdom. Die hertog se oudste seun by sy tweede vrou, Charles, sou ook die titel kry, maar hy is in 1677 op ’n maand oorlede.

In 1706 is die titel herskep en toegeken aan George Augustus, seun van die latere koning George I. Toe George Augustus die troon as koning George II bestyg, het die titel met die kroon saamgesmelt.

Die titel is weer herskep en aan prins Adolphus, die sewende oudste seun van koning George III toegeken.London Gazette, uitg. 15429, p. 1403, 21 November 1801 Sy enigste seun, prins George, het dit in 1850 geërf. Sy huwelik was agter ’n oortreding van die Royal Marriages Act van 1772; sy huwelik was dus onwettig en sy seuns buite-egtelik. Ná sy dood in 1904 het die titel weer in onbruik geraak.

Op 29 April 2011, die dag van prins William se troue met Kate, is aangekondig prins William het die titel Hertog van Cambridge gekry, asook die titels Graaf van Strathearn en baron Carrickfergus. Met die troonbestyging van sy pa, Charles III, op 8 September 2022 het William die bykomende titel "Hertog van Cornwall", 'n ou titel van sy pa, gekry.

Hertoë van Cambridge

Eerste skepping, 1664

| James StuartHuis van Stuart1664-1667ook: Graaf van Cambridge en baron Dauntsey (1664) | 100px|James Stuart | 12 Julie 1663Londenseun van James II van Engeland en Anne Hyde | ongetroud | 20 Junie 1667Londen

Tweede skepping, 1667

| Edgar StuartHuis van Stuart1667-1671ook: Graaf van Cambridge en baron Dauntsey (1667) | | 14 September 1667Londenseun van James II en Anne Hyde | ongetroud | 8 Junie 1671Londen

Derde skepping, 1706

| Prins GeorgeHuis van Hannover1706-1727<small>ook: Markies van Cambridge, Graaf van Milford Haven, burggraaf Northallerton en baron Tewkesbury (1706-1714);Prins van Wallis (1714), Hertog van Cornwall (1337) en Hertog van Rothesay (1398)</small> | 100px|Prins George Augustus | 30 Oktober / 9 November 1683Hannoverseun van koning George I en Sophia Dorothea van Celle | 22 Augustus 1705Caroline van Ansbach10 kinders | 25 Oktober 1760Londen

Vierde skepping, 1801

| Prins AdolphusHuis van Hannover1801-1850ook: Graaf van Tipperary en baron Culloden (1801) | 100px|Prins Adolphus | 24 Februarie 1774Londenseun van koning George III en Charlotte van Mecklenburg-Strelitz | 18 Junie 1818Prinses Augusta van Hesse-Kassel3 kinders | 8 Julie 1850Londen |- | Prins GeorgeHuis van Hannover1850-1904ook: Graaf van Tipperary en baron Culloden (1801) | 100px|Prins George | 26 Maart 1819Hannoverseun van prins Adolphus en prinses Augusta van Hesse-Kassel | 8 Januarie 1847Sarah Fairbrother3 kinders | 17 Maart 1904Londen

Vyfde skepping, 2011

| Prins WilliamHuis van Windsor2011-tansook: Graaf van Strathearn en baron Carrickfergus (2011) | 100px|Prins William | 21 Junie 1982Londonseun van Charles III en lady Diana Spencer | 29 April 2011Kate Middleton3 kinders

Verwysings

Kategorie:Britse adel