Prins Louis van Wallis (Louis Arthur Charles; * 23 April 2018) is een van die jongste lede van die Britse koninklike familie. Hy is die derde oudste kind en tweede oudste seun van William, Prins van Wallis, en sy vrou, Catherine, Prinses van Wallis. Hy is die vierde aanspraakmaker op die Britse troon.

Geboorte duimnael|Die kanonsaluut in Hyde Park in Londen met die geboorte van prins Louis.

Kensington-paleis het op 4 September 2017 aangekondig dat die Hertog en Hertogin van Cambridge hul derde kind verwag. ’n Seun is op 23 April 2018 gebore. Hy is die eerste keer in die openbaar gesien sewe uur ná sy geboorte, buite die Lindovleuel van die St. Mary-hospitaal. Op 27 April 2018 is sy naam aangekondig. Sy eerste en laaste naam is onderskeidelik ter ere van sy verlangse oom lord Mountbatten en sy oupa die Prins van Wallis.

Titel en opvolging Louis is van sy geboorte af ’n prins van die Verenigde Koninkryk met die aanspreekvorm Koninklike Hoogheid volgens ’n patentbrief van sy ouma wyle koningin Elizabeth II op 31 Desember 2012 waarvolgens dié titel en aanspreekvorm gegee word aan alle kinders van die Prins van Wallis se oudste seun.London Gazette, uitg. 60384, 8 Januarie 2013, p. 213 Sy titel was dus by geboorte Sy Koninklike Hoogheid prins Louis van Cambridge.

Prins Louis is die vierde aanspraakmaker op die Britse troon ná sy pa en twee ouer sibbes, prins George en prinses Charlotte. Ná die inwerkingstelling van die Perth-ooreenkoms, wat opvolging deur manlike eersgeboortereg met dié deur eersgeboortereg ongeag geslag vervang het, is hy die eerste Britse prins wie se suster ’n groter aanspraak op die troon het as hy.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste van die koninklike familie Die webtuiste van die Hertog en Hertogin van Cornwall en Cambridge 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 2018 Kategorie:Huis van Windsor Kategorie:Lewende mense