Sam Nzima (8 Augustus 1934 – 12 Mei 2018) was 'n Suid-Afrikaanse fotojoernalis wat bekend geword het vir die foto van 'n sterwende 12-jarige Hector Pieterson wat hy op 16 Junie 1976 geneem het tydens die Soweto-opstand en die wêreld ingestuur het. Hy het op daardie stadium die koerant The World verteenwoordig.

Sam is in Lillydale, Mpumalanga gebore en gebly. Hy is in die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit oorlede. Hy word oorleef deer sy vrou Thelma en sewe kinders.

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse fotograwe Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2018