John Ernst Steinbeck ([ˈstaɪnbɛk], 27 Februarie 1902 - 20 Desember 1968) was 'n Amerikaanse skrywer wie se werk in 1962 met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon is "vir sy realistiese en verbeeldingryke skryfwerk waarin simpatieke humor en 'n skerpsinnige maatskaplike waarneming met mekaar verbind is".www.biography.com: John Steinbeck. Besoek op 21 Mei 2018 Steinbeck word onder die vernaamste literêre persoonlikhede in die Verenigde State gereken, terwyl baie van sy romans as klassieke werke van die westerse literatuur beskou word.
Gedurende sy loopbaan as skrywer het 27 boeke uit sy pen gekom, insluitende 16 romans, ses nie-fiksie-werke en twee kortverhaalbundels. Die meeste van Steinbeck se werke speel in Sentraal-Kalifornië af, veral in die Salinas-vallei en die California Coast Ranges, 'n bergreeks langs die Stille Oseaankus. Dikwels staan onderwerpe soos die menslike lot en ongeregtigheid sentraal in sy romans, veral met betrekking tot verdrukte karakters en die gewone mens. Steinbeck het veral bekendheid verwerf met sy komiese romans Tortilla Flat (gepubliseer in 1935) en Cannery Row (1945), die epiese roman East of Eden (1952) wat oor etlike generasies strek, en die novelles Of Mice and Men (1937) en The Red Pony (1937).
Die realistiese roman The Grapes of Wrath (1939), waarvoor die Pulitzerprys vir Fiksie aan Steinbeck toegeken is, word as sy meesterwerk en deel van die kanon van Amerikaanse literatuur beskou wat die dramatiese vlug van 200 000 mense uit die Dust Bowl, die droogtegeteisterde landboustreke van die Amerikaanse Middeweste, langs die historiese U.S. Route 66 na Kalifornië beskryf. Binne 75 jaar ná sy publikasie is 14 miljoen eksemplare daarvan verkoop.The Grapes of Wrath is deur sekere regse Amerikaanse groepe getipeer as die propaganda van 'n Joodse skrywer. Steinbeck het daarop geantwoord dat hy terloops nie Joods is nie, maar dit betreur as 'n skrywer se oeuvre aan die hand van sy herkoms geregverdig moet word.
Bibliografie
Titel Jaar Kategorie ISBN Cup of Gold Roman The Pastures of Heaven kortverhale The Red Pony (in Afrikaans vertaal deur Leo van der Westhuijzen as Die rooi ponie, Human & Rousseau 1967) Novelle To a God Unknown Roman Tortilla Flat Roman In Dubious Battle Roman Of Mice and Men Novelle The Long Valley Kortverhale Their Blood is Strong Nie-fiksie The Grapes of Wrath Roman The Forgotten Village Sea of Cortez: A Leisurely Journal of Travel and Research Nie-fiksie The Moon Is Down Roman Bombs Away: The Story of a Bomber Team Nie-fiksie Cannery Row Roman The Wayward Bus Roman The Pearl Novelle A Russian Journal Nie-fiksie Burning Bright Novelle The Log from the Sea of Cortez Nie-fiksie East of Eden Roman Sweet Thursday Roman The Short Reign of Pippin IV: A Fabrication Roman Once There Was A War Nie-fiksie The Winter of Our Discontent Roman Travels with Charley: In Search of America Nie-fiksie America and Americans Nie-fiksie Journal of a Novel: The East of Eden Letters Nie-fiksie Viva Zapata! Steinbeck: A Life in Letters Nie-fiksie The Acts of King Arthur and His Noble Knights Fiksie Working Days: The Journals of The Grapes of Wrath Nie-fiksie Steinbeck in Vietnam: Dispatches from the War Nie-fiksie
Verwysings
Eksterne skakels Biografie en werk
National Steinbeck Center bilderreisen.at: John Steinbeck Media
YouTube.com: John Steinbeck - Voice of America. BBC HD-dokumentêr
Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners