Die 71ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 8-19 Mei 2018 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Australiese aktrise Cate Blanchett was die president van die jurie. Die Japannese prent Shoplifters, waarvan Hirokazu Kore-eda die regisseur was, het die Palme d'Or gewen.
Die fees is geopen met Asghar Farhadi van Iran se sielkundige riller Everybody Knows, met Javier Bardem, Penélope Cruz en Ricardo Darín, en is afgesluit met die Amerikaans gebore Britse regisseur Terry Gilliam se The Man Who Killed Don Quixote.
Die Deense regisseur Lars von Trier het na die fees teruggekeer met sy prent The House That Jack Built nadat hy op die fees van 2011 tot persona non grata verklaar is.
Belangrikste rolprentpryse
Rolprent Regisseur Land Prys Manbiki Kazoku (Shoplifters) Hirokazu Kore-eda Japan Palme d'Or BlacKkKlansman Spike Lee VSA Grand Prix Capharnaüm (Capernaum) Nadine Labaki Libanon Jurieprys Gräns (Border) Ali Abbasi Swede Un Certain Regard El Verano del León Eléctrico (The Summer of the Electric Lion) Diego Céspedes Chili Cinéfondation All These Creatures Qiu Yang China Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Pawel Pawlowski Cold War Pole, Frankryk, Brittanje Beste draaiboek Alice Rohrwacher Jafar Panahi Lazzaro Felice (Happy as Lazzaro) 3 Faces Italië, Switserland, Frankryk, Duitsland Iran Beste akteur Marcello Fonte Dogman Italië, Frankryk Beste aktrise Samal Yeslyamova Ayka Rusland, Duitsland, Pole, Kazachstan
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees