regs|duimnael|200px|USS Skipjack Die Skipjack-klas duikboot was 'n reeks kernaangedrewe aanvalsduikbote van die Amerikaanse Vloot wat die voordele van kernkrag van die USS Nautilus met die voordele van die traandruppelontwerp van die USS Albacore gekombineer het. Die Skipjack's kon meer as 30 knope onder water haal en is ook deur slegs een skroef aangedryf. Daar is ses duikbote in die klas gebou en hulle was die vinnigste duikbote op daardie stadium.
Hierdie klas is aangedryf deur die Westinghouse S5W-kernreaktor wat toe die Amerikaanse Vloot se standaardreaktor geword het. Die hidrovlerke wat tradisioneel op die boeg was, is na die toring geskuif. Dit het verseker dat geruis drasties verminder is by die sonar wat in die boeg geïnstalleer is. Die USS Scorpion is verleng met 39,6 m sodat dit ballistiese missiele kon dra. Sodoende is 'n nuwe klas duikboot geskep en die Scorpion is herdoop na die USS George Washington. 'n Tweede USS Scorpion is toe gebou.
Al die duikbote (behalwe USS Scorpion wat vergaan het) is na hulle uitdiensstelling herwin via die Ship and Submarine Recycling Program. Die program is spesiaal vir ou kernaangedrewe skepe in Amerika ingestel, om die ongewensde storting van kernafval te beperk.
Duikbote in die klas
NaamWimpel-nommer SkeepsbouerKiel gelêTe water gelaatIn diens gestel Uit diens gestelUSS SkipjackSSN-585General Dynamics Electric Boat29 Mei 195626 Mei 195815 April 195 19 April 1990, herwin 1 September 1998.USS ScampSSN-588Mare Island Naval Shipyard23 Januarie 19598 Oktober 19605 Junie 196128 April 1988, herwin 9 September 1994.USS ScorpionSSN-589General Dynamics Electric Boat20 Augustus 195829 Desember 195929 Julie 1960Verloor met 99 bemanning tussen 22 Mei en 5 Junie 1968, 400 seemyl suidwes van die Asore in die noord-Atlantiese Oseaan, oorsaak onbekend.USS SculpinSSN-590Ingalls Shipbuilding, Pascagoula, Mississippi3 Februarie 195831 Maart 19601 Junie 19613 Augustus 1990, herwin 30 Oktober 2001.USS SharkSSN-591Newport News Shipbuilding24 Februarie 195816 Maart 19609 Februarie 196115 September 1990, herwin 28 Junie 1996.USS SnookSSN-592Ingalls Shipbuilding, Pascagoula, Mississippi7 April 195831 Oktober 196024 Oktober 196114 November 1986, herwin 30 Junie 1997.
Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,
Kategorie:Duikbote