duimnael|Die Casa Grande vorm die hartstuk van die kompleks duimnael|'n Nagaansig van die Casa Grande duimnael|Die Casa Grande se vergadersaal duimnael|Die uitsig oor die Stille Oseaan duimnael|Die kompleks behels binne- en buitemuurse swembaddens. Vir die Neptune Pool of Neptunus-swembad is 'n antieke Romeinse tempelfasade na Kalifornië verplaas duimnael|Die binnemuurse swembad in die Romeinse styl Hearst Castle is 'n kasteelagtige herewoning wat die Amerikaanse persmagnaat William Randolph Hearst (1863–1951) tussen 1919 en 1947 deur die argitek Julia Morgan buite San Simeon in die Sentraalkusstreek van Kalifornië vir homself laat bou het. Ná Hearst se afsterwe in 1951 is die kompleks in 1954 in 'n Kaliforniese Staatspark (California State Park) omgeskep. Vier jaar later het die herehuis, wat omvattende versamelings van kunswerke en antikwiteite huisves, sy deure vir die publiek geopen en word sedertdien as die Hearst San Simeon State Historical Monument bestuur. Die herehuis word gelys as 'n nasionale (National Historical Landmark) en Kaliforniese historiese monument (California Historical Landmark).
Hearst het die herewoning, wat op 'n heuweltop naby die nedersetting San Simeon ontstaan het, formeel La Cuesta Encantada ("Die Betowerde Heuwel") genoem, maar gewoonlik daarna net as the ranch verwys (dit was immers op sy uitgestrekte landgoed geleë). In 1947 het die heuweltop-kompleks onder meer uit die hoofgebou met twee torings, drie weelderige gashuise en 127 akkers terrastuine met fonteine en swembaddens bestaan.Hearst Castle - A Museum Like No Other. Besoek op 22 Mei 2018
Die Casa del Mar - die Spaanse naam beteken "Huis van die See" - bied 'n uitsig oor die ongerepte natuurskoon van Kalifornië se Sentraalkus en die Stille Oseaan. Hierdie klein villa is die mees formele en versierde gebou op die Betowerde Heuwel waar Hearst die laaste jare in die kompeks deurgebring het.
Verwysings
Kategorie:Kalifornië Kategorie:Herehuise in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Museums in die Verenigde State van Amerika