Marcus Aurelius Severus Antoninus, beter bekend as Caracalla was vanaf 198 medekeiser, eers onder sy pa Septimius Severus, later saam met sy broer Geta. Geta word vermoor en Caracalla word op 19 Desember 211 alleen keiser van die Romeinse Ryk.

Constitutio Antoniniana Keiser Antoninus (Caracalla) se blywende invloed hang hoofsaaklik saam met die Constitutio Antoniniana wat hy in 212 verkondig het. Hierdie edik het aan alle vrye bewoners van Romeinse Ryk die regte van 'n Romeinse burger verleen. Fragmente van die edik (in Grieks) is bekend van 'n papirus (P.Giss.40 = HGV P.Giss. 1 40 = Trismegistos 19436) wat in die Egiptiese dorp Apollonopolites Heptakomias gevind is.Judaism and Rome

Dit is nogtans opmerkelik dat die bronne uit sy tyd daaroor min skryf. Ulpianus skryf net een sinnetjie: In orbi Romano qui sunt ex constitutione imperatoris Antonini cives Romani effecti sunt. The constitutio Antoniniana (ad 212): Taxes or Religion? , Mnemosyne, Deel 67(6), 1014 – 1021, 2014

Sien ook Lys van Romeinse keisers

Verwysings

Kategorie:Mense in die 2de eeu Kategorie:Mense in die 3de eeu Kategorie:Romeinse keisers Kategorie:Geboortes in 188 Kategorie:Sterftes in 217