Prins van Wallis (Wallies: Tywysog Cymru) was ’n titel wat van die 12de eeu af gegee is aan prinse wat in Wallis gebore is; die term het die vroeëre gebruik van die woord koning vervang. Een van die laaste Walliese prinse, Llywelyn ap Gruffudd, is in 1282 in ’n veldslag deur koning Eduard I van Engeland verslaan. Dié se seun Eduard (wat in Caernarfon-kasteel in Wallis gebore is) is in 1301 aangewys as die eerste Engelse Prins van Wallis.
Sedert die 14de eeu word die titel gegee aan die regmatige opvolger van die Britse monarg, maar as hy dit nie kry nie, het dit geen invloed op sy aanspraak op die troon nie. Die titel word as ’n persoonlike eerbewys aan die regmatige troonopvolger gegee en is nie oorerfbaar nie; as die prins koning word, word die titel vakant en kan dit aan iemand anders toegeken word. Die titel Graaf van Chester word altyd saam met die titel Prins van Wallis toegeken. Hy het gewoonlik ook ander titels.
Die huidige Prins van Wallis is prins William, die oudste seun van die vorige titelhouer, koning Charles III. Die vrou van die prins is geregtig op die titel Prinses van Wallis. Charles se eerste vrou, Diana, het dit gebruik, maar sy tweede vrou, Camilla, het eerder die titel Hertogin van Cornwall gebruik (of van Rothesay as sy in Skotland was) omdat die ander titel so algemeen met Diana verbind is. Prins William se vrou, Catherine, gebruik weer die titel.
Die Prins van Wallis is die regmatige opvolger van die Britse monarg. Geen amptelike openbare rol of verantwoordelikheid gaan saam met die titel of sy posisie as regmatige troonopvolger nie.
Regmatige opvolger versus vermoedelike opvolger Die titel word net aan die regmatige opvolger (heir apparent) gegee – iemand wat nie deur enige toekomstige geboorte as eerste aanspraakmaker op die troon vervang kan word nie. Die opvolging was altyd volgens eersgeboortereg en manlike voorkeur, wat beteken die regmatige opvolger was die regerende monarg se oudste seun of as hy oorlede was, sý oudste seun, ensovoorts. As die monarg se oudste seun sonder kinders dood is, het die monarg se tweede oudste seun die titel gekry, ensovoorts. ’n Dogter van ’n regerende monarg wat die eerste aanspraakmaker op die troon was, was nooit die regmatige opvolger nie omdat sy vervang kon word as die koning in die toekoms ’n seun sou kry. Sy was die vermoedelike opvolger (heir presumptive).
Brittanje het in 2011 saam met ander lande van die Statebond die Perth-ooreenkoms onderteken wat veranderings voorstel aan die opvolgingswette, insluitende om opvolging te verander volgens eersgeboortereg ongeag geslag. ’n Wet in dié verband is op 25 April 2013 in Brittanje aanvaarSuccession to the Crown Act. Parliament of the United Kingdom. en het op 26 Maart 2015 in werking getreeSuccession to the Crown Act 2013 (Commencement) Order 2015 at legislation.org.uk (Besoek op 30 Maart 2015) – in Brittanje sowel as die res van die Statebond.Statement by Nick Clegg MP, UK parliament website, 26 Maart 2015 (Besoek op 26 Maart 2015). Geen vrou het nog die titel Prinses van Wallis uit eie reg gehad nie.
Omdat die titel Prins van Wallis nie outomaties toegeken word nie, is daar tye wat daar niemand met dié titel is nie, soos tydens die bewind van koning George VI, wat geen seuns gehad het nie. Prinses Elizabeth was die vermoedelike troonopvolger en het dus nie die titel Prinses van Wallis gehad nie. Daar was ook in die eerste jare van haar bewind niemand met die titel nie; prins Charles het dit eers in 1958 op negejarige ouderdom gekry.
Lys van Prinse van Wallis
As onafhanklike titel ''Ook Prins van Gwynedd en van Aberffraw, Lord van Snowdon PersoonNaamErfgenaam vanGeboreKry titelNie meer Prins van WallisOorlede Dafydd ap Llywelyn seun van Llywelyn ab Iorwerth c. April 1212 11 April 1240; eerste aangetekende gebruik in 1244 25 Februarie 1246 70px Llywelyn ap Gruffudd Onbekendseun van Gruffydd ap Llywelyn c. 1223 Volg Dafydd op in 1246 as Prins van Gwynedd; gebruik titel Prins van Wallis vanaf 1258; deur Hendrik III erken op 29 September 1267 11 Desember 1282sterf op slagveld Dafydd ap Gruffydd broer van Llywelyn ap Gruffudd c. 1238 11 Desember 1282 3 Oktober 1283by Shrewsbury tereggestel
As titel van die Engelse of Britse regmatige troonopvolger PersoonNaamErfgenaam vanGeboreWord regmatige opvolgerKry titelNie meer Prins van WallisOorlede 80px Eduard van Carnarvon Eduard I 25 April 1284 19 Augustus 1284 7 Februarie 1301 7 Julie 1307bestyg troon as Edward II 21 September 1327 80px Eduard van Woodstock, die Swart Prins Eduard III 15 Junie 1330 12 Mei 1343l Previous Princes. Amptelike webtuiste van die Prins van Wallis. Besoek op 15 Julie 2013. 8 Junie 1376oorlede 80px Richard van Bordeaux 6 Januarie 1367 8 Junie 1376 20 November 1376 22 Junie 1377bestyg troon as Richard II 14 Februarie 1400 80px Hendrik van Monmouth Hendrik IV 16 September 1387 30 September 1399 15 Oktober 1399 21 Maart 1413bestyg troon as Hendrik V 31 Augustus 1422 80px Eduard van Westminster Hendrik VI 13 Oktober 1453 15 Maart 1454 11 April 1471pa afgesit 4 Mei 1471oorlede 80px Eduard van York Eduard IV 4 November 1470 11 April 1471 26 Junie 1471 9 April 1483bestyg troon as Eduard V 1483? 80px Edward van Middleham Richard III 1473 26 Junie 1483 24 Augustus 1483 31 Maart of9 April 1484oorlede 80px Arthur Tudor Hendrik VII 20 September 1486 29 November 1489 2 April 1502oorlede 80px Hendrik Tudor 28 Junie 1491 2 April 1502 18 Februarie 1504 21 April 1509bestyg troon as Hendrik VIII 28 Januarie 1547 80px Eduard Tudor Hendrik VIII 12 Oktober 1537 – 28 Januarie 1547bestyg troon as Eduard VI 6 Julie 1553 80px Henry Frederick Stuart Jakobus I 19 Februarie 1594 24 Maart 1603 4 Junie 1610 6 November 1612oorlede 80px Karel Stuart 19 November 1600 6 November 1612 4 November 1616 27 Maart 1625bestyg troon as Karel I 30 Januarie 1649 80px Karel Stuart Karel I 29 Mei 1630 c. 1638–1641 || 30 Januarie 1649titel afgeskaf; bestyg later (1660) troon as Karel II || 6 Februarie 1685 |- | 80px || Jakobus Francis Eduard Stuart || Jakobus II || colspan="2"| 10 Junie 1688 || c. 4 Julie 1688 || 11 Desember 1688pa afgesit || 1 Januarie 1766 |- | 80px || George Augustus || George I || 10 November 1683 || 1 Augustus 1714 || 27 September 1714 || 11 Junie 1727bestyg troon as George II || 25 Oktober 1760 |- | 80px || Frederick Louis || rowspan="2"| George II || 1 Februarie 1707 || 11 Junie 1727 || 8 Januarie 1729 || colspan="2"| 31 Maart 1751oorlede|- | 80px || George William Frederick || 4 Junie 1738 || 31 Maart 1751 || 20 April 1751 || 25 Oktober 1760bestyg troon as George III || 29 Januarie 1820 |- | 80px || George Augustus Frederick || George III || colspan="2"| 12 Augustus 1762 || 19 Augustus 1762 || 29 Januarie 1820bestyg troon as George IV || 26 Junie 1830 |- | 80px || Albert Edward || Victoria || colspan="2"| 9 November 1841 || 8 Desember 1841 || 22 Januarie 1901bestyg troon as Edward VII || 6 Mei 1910 |- | 80px || George Frederick Ernest Albert || Edward VII || 3 Junie 1865 || 22 Januarie 1901 || 9 November 1901London Gazette, uitg. 27375, 9 November 1901, p. 7289 || 6 Mei 1910bestyg troon as George V || 20 Januarie 1936 |- | 80px || Edward Albert Christian George Andrew Patrick David || George V || 23 Junie 1894 || 6 Mei 1910 || 23 Junie 1911 || 20 Januarie 1936bestyg troon as Edward VIII;later (1937) Hertog van Windsor || 28 Mei 1972 |- | 80px || Charles Philip Arthur George || Elizabeth II || 14 November 1948 || 6 Februarie 1952 || 26 Julie 1958 || 8 September 2022 word koning Charles III'' Lewend 80px William Arthur Philip Louis Charles III 21 Junie 1982 8 September 2022 9 September 2022 Tans Lewend
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Britse adel