regs|duimnael|Sarajevo Haggadah, van Barcelona, c. 1350 Die Plae van Egipte, ook bekend as die tien plae, was tien rampe wat, volgens die Bybelse Boek van Eksodus, God toegedien het op Egipte as 'n demonstrasie van krag, sodat koning Farao sou toestemming gee aan Moses om die Israelietiese volk (wat toe as slawe gedien het vir Farao in Egipte) vry te laat, om in die woestyn offers te bring aan God en om God te dien. God het herhaaldelik Farao se hart verhard, om te verhoed dat hy instem om die volk te laat gaan, totdat die tien plae verby is. Na die tiende plaag het Farao uiteindelik ingestem om die volk te laat trek in die woestyn in.
Die tien plae het gedien om die kontras te wys tussen die krag van die God van Israel en die Egiptiese gode.Plagues of Egypt, in New Bible Dictionary, second edition. 1987. Douglas JD, Hillyer N, eds., Tyndale House Publishers, Inc., Wheaton, IL, USA ISBN 0-8423-4667-8 Sommige kommentators het menings dat sekere plae verband hou met spesifieke gode.Commentary on Exodus 7, The Jewish Study Bible, 2004. Berlin A and Brettler M, eds., Oxford University Press. ISBN 0-19-529751-2 Volgens Exodus 12:12, het die God van Israel strafgerigte beoefen aan al die gode van Egipte deur middel van die tiende en laaste plaag: "Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE."
Bybelse verhaal Die tien plae het die hele Egipte beïnvloed,Exodus 7:21, 8:2, 8:16 maar die Israeliete was onaangeraak.Ex. 8:22, 9:4,11,26, 10:23 Vir die laaste plaag, is slegs die Israeliete wat die bloed van 'n lam aan hulle deurraam gesit het (en die geofferde lam geëet het saam met ongesuurde brood), gespaar van die finale plaag. Passover, New Bible Dictionary, second edition. 1987. Douglas JD, Hillyer N, eds., Tyndale House Publishers, Inc., Wheaton, IL, USA ISBN 0-8423-4667-8 Dit is gedebatteer of dit God self was of een van sy engele wat deur die strate beweeg het om al die eersgeborenes te laat sterf. Dit is meer bekend as die "Doodsengel" wat deur die strate beweeg het.
Na die tiende plaag was Farao woedend, hartseer, en bang. Hy het beveel dat die Israeliete Egipte verlaat, met al hulle besittings. Die Israeliete het nie gehuiwer nie, want hulle het geglo dat Farao binnekort weer van plan sou verander, en hy het na 'n ruk van plan verander. Aan die einde van die dag het Moses die Israeliete uit Egipte gelei en toe Farao van plan verander, het hy weer sy leër agterna gestuur. Die Israeliete het gereis tot voor die Rooi See en kon toe nie verder nie. Die God van Israel het toe die see verdeel in twee en hulle was in staat om veilig op droë land deur die see te loop. Die see het weer toegemaak, op die Egiptiese weermag, voordat hulle die Israeliete kon bereik het.
Nadat die Israeliete getrek het, het die God van Israel Homself voorgestel op die naam en het 'n eksklusiewe verbond met die Israeliete gesluit, op grond van hierdie wonderbaarlike verlossing uit slawerny, uit Egipte uit.Moses, The World Book Encyclopedia, 1998. World Book Incorporated ISBN 0-7166-0098-6 Die Tien Gebooie wat die God van Israel aan Moses gegee het, omsluit die bepalings van hierdie verbond wat met die Israeliete gesluit is.Exodus 20 Josua, die opvolger van Moses, herinner die mense van hul verlossing deur die plae.Joshua 24
Die tien plae
Die tien plae soos wat dit verskyn in die 1953-vertaling van die Boek van Exodus is:The Ten Plagues, in Illustrated Dictionary & Concordance of the Bible, 1986. Wigoder G, Paul S, Viviano B, Stern E, eds., G.G. Jerusalem Publishing House Ltd. And Reader's Digest Association, Inc. ISBN 0-89577-407-0
1. Water in bloed: Ex. 7:14-25 duimnael|Die Eerste Plaag: Water Verander in Bloed, James Tissot"TOE sê die HERE vir Moses: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek. Gaan môre vroeg na Farao toe — kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in ’n slang verander het, in jou hand, en sê vir hom: Die HERE, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie.
So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word. En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink. Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout — en in klipbakke. Moses en Aäron het toe so gedoen soos die HERE beveel het — hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander.
En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Egipteland. Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het. En Farao het omgedraai en huis toe gegaan en dit ook nie ter harte geneem nie. Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie. So het dan sewe dae verbygegaan nadat die HERE die Nyl geslaan het."
2. Paddas: Ex. 8:1-15 duimnael|Die Tweede Plaag: En Aäron steek sy hand uit oor die Waters van Egipte en die Paddas het opgekom...|links"VERDER het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. En as jy weier om hulle te laat trek, kyk, dan sal Ek jou hele grondgebied met paddas teister, sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.
En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring. Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland. En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek. Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland. Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en gesê: Bid tot die HERE, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan die HERE kan offer.
Maar Moses sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly? En hy antwoord: Teen môre. Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos die HERE onse God nie. En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly. Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan; en Moses het tot die HERE geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het. En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld. En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die land het gestink.
En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het."duimnael|Die Derde Plaag (horings is 'n teken van sy ontmoeting met goddelikheid) deur William de Brailes, 'n versameling in Walters Art Museum
3. Muskiete: Ex. 8:16-19 "VERDER het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.
En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.
En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee.
Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het."
4. Steekvlieë: Ex. 8:20-32 links|duimnael|Die Vierde Plaag: Die Plaag van steekvlieë deur James Jacques Josef Tissot by die Joodse Museum in New York"VERDER het die HERE vir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao — kyk, hy sal na die water toe uitgaan — en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. Want as jy my volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë sal wees, en selfs die grond waar hulle op staan. Maar Ek sal op dié dag met die land Gosen, waarin my volk woon, ’n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek die HERE is in die land.
En Ek sal ’n verlossing stel tussen my volk en jou volk. Môre sal hierdie teken plaasvind. En die HERE het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes. Toe laat Farao Moses en Aäron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in die land. Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is ’n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat ’n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie? Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan die HERE onse God kan offer soos Hy ons sal beveel. Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan die HERE julle God kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Bid vir my.
En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot die HERE bid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan die HERE te offer nie. Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid. En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: Hy het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie. Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie."
5. Pes onder die diere: Ex. 9:1-7 duimnael|Die Vyfde Plaag: Pes onder die vee (Ex. 9:1-7), deur Gustave Doré"VERDER het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou, kyk, dan sal die hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met ’n baie swaar pes.
En die HERE sal ’n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie. En die HERE het ’n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal die HERE dit doen in die land. En die HERE het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.
Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie."